top of page



'n Man is dood ná 'n vliegongeluk in Bfn
'n Man is dood nadat sy ligte vliegtuig in die Ferreira-area in Bloemfontein neergestort het. Die man is Vrydag op die toneel deur noodpersoneel dood verklaar. Hy was die enigste persoon in die vliegtuig. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n mediaverklaring die man was in die wrak van die vliegtuig vasgekeer. Die man se identiteit word weerhou tot sy naasbestaandes in kennis gestel kan word. Die polisie werk saam met vlug-ondersoekers om die tegniese oorsaa

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 2
bottom of page

