top of page



Mashatile sê die ANC doen nie genoeg nie
Die adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC het nie genoeg gedoen om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter nie. Hy het Maandagaand tydens die gedenklesing ter ere van voormalige ANC-president-generaal Oliver Reginald Tambo gepraat, en ‘n beroep op ANC-lede gedoen om verantwoordelikheid te neem vir hul mislukkings en wyses te vind om dit reg te stel. Mashatile voeg by daar is ‘n behoefte vir die party om hulself weer aan Tambo se leringe toe te wy en hulself te herbou.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025
bottom of page

