top of page



RUGBY: Etzebeth kry swaar skorsing
Eben Etzebeth het Donderdag uitgevind dat hy vir 12 weke geskors is nadat hy sy duim in Alex Mann se oog gedruk het tydens die Springbokke se laaste toets van die jaar teen Wallis in Cardiff. Sy aanvanklike skorsing van 18 weke is danksy sy skoon rekord tot 12 weke verminder. Die skorsing beteken dat die 34-jarige ’n hele paar Sharks-wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap en Kampioenebeker sal mis en eers weer in Maart 2026 kan speel. Eben Etzebeth. FOTO: BBC

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025
bottom of page

