top of page



RUGBY: DHL Stormers staar uitdagende tye in die gesig
Die DHL Stormers se afrigter, John Dobson, sê sy span het ernstige uitdagings voor die boeg. Die Kaapse span speel Sondag teen Harlequins in die Europese Rugbykampioenskap in Londen en ses dae later teen Leicester in die Verenigde Rugbykampioenskap. Dobson sê die besige skedule en beserings bied ernstige uitdagings. Die Stormers hoop egter om hul goeie vorm voort te sit nadat hulle al vier hul vorige wedstryde gewen het. John Dobson. FOTO: Planet Rugby

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 7
bottom of page

