top of page



Militêre Veterane marsjeer na die OR Tambo-gebou
Die Verenigde Militêre Veterane het Woensdag na die OR Tambo-gebou in Bloemfontein gemarsjeer om hul memorandum van eise te oorhandig. Volgens SABC News eis hulle onder andere dat die kantoor van die premier die Wet op Militêre Veterane van 2011 moet implementeer. Hulle wil ook hê dat die Mangaung Metro Munisipaliteit hulle binne die munisipaliteit aanstel. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025
bottom of page

