top of page



Geld is toegeken om die Vierde Raadsaal te herstel
Die Vierde Raadsaal in Bloemfontein, wat die setel van die Vrystaatse Wetgewer is, gaan R42 miljoen toegeken word sodat herstelwerk gedoen kan word. Netwerk24 berig die geld sal in die boekjare vir 2026 tot 2028 toegeken word. Die LUR vir openbare werke en infrastruktuur, Dibolelo Mance, bevestig dat die Vierde Raadsaal tydelik gesluit is weens gesondheids- en veiligheidsredes terwyl die instandhoudingswerk geskeduleer is. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 9
bottom of page

