top of page

ATLETIEK: 2026 Comrades-marathon verkoop binne net 10 ure uit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 6, 2025
  • 1 min read

Die 2026 Comrades-marathon het ’n nuwe rekord opgestel nadat inskrywings binne net tien ure nadat dit oop gemaak het, uitverkoop het.


Dit is die vinnigste in die geskiedenis van die wedloop.


’n Totaal van 19 400 plekke is bevestig, nadat die 2 600 inskrywings wat vooraf vir Green Number-lede en lede van die Comrades-vereniging gereserveer is.


Vir hardlopers wat nie betyds geregistreer het nie, bly die enigste uitweg die plaasvervangingstelsel, waar geregistreerde deelnemers hul plek kan oorgee aan ander.


Die rekordverkope beklemtoon die volgehoue aantrekkingskrag van die Comrades-marathon se uitmergelende ultra-afstanduitdaging – en bevestig die wedloop se status as een van die wêreld se mees gesogte uithouvermoë-geleenthede.



 
 
 

Comments


bottom of page