top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ATLETIEK: Bloem-rekenmeester voltooi wêreld se ses groot marathons

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 7, 2025
1 min read

Die Bloemfonteinse rekenmeester ,Thinus de Vries, het ’n ongelooflike prestasie behaal deur 43 kilogram af te skud en al ses van die wêreld se groot marathons te voltooi.


De Vries het die Tokio-, Boston-, Londen-, Berlyn-, Chicago- en New York-marathons – bekend as die World Marathon Majors - voltooi.


De Vries het sy gesondheidsreis begin nadat hy besluit het om ’n nuwe leefstyl aan te neem. Met toegewyde oefening en ’n streng eetplan het hy sy gewig verminder en sy uithouvermoë drasties verbeter.


Met die voltooiing van al ses marathons het De Vries nou aangesluit by ’n eksklusiewe groep van sowat 15 000 hardlopers wêreldwyd wat hierdie prestasie behaal het. Hy is ook bekroon met die gesogte Six Star Medal, wat aan hardlopers toegeken word wat die volledige reeks voltooi.


Sy verhaal dien as inspirasie vir almal wat glo dat dissipline en volharding werklik berg kan versit.


Thinus de Vries. FOTO: BloemNuus
Thinus de Vries. FOTO: BloemNuus

 
 
 

Comments


bottom of page