top of page

ATLETIEK: Britse atleet kry medalje nege jaar na resies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 5, 2024
  • 1 min read

Die Britse atleet, Laura Muir, het ‘n brons medalje ontvang vir ‘n resies wat sy nege jaar gelede gehardloop het. Muir het in 2015 in die drieduisend-meter item op ‘n byeenkoms in Praag ‘n vierde plek vasgemaak. Sy is na derde plek bevorder na die wenner van daardie resies, die Rus Yelena Korobkina, in Januarie skuldig bevind is aan die gebruik van verbode middels. Muir het aan BBC gesê dit is ‘n vreemde gevoel, maar eerder laat as nooit.

 
 
 

Comments


bottom of page