top of page

ATLETIEK: Die 2026 Comrades-marathon is amptelik bekendgestel

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 9
  • 1 min read

Die 2026 Comrades-marathon is amptelik bekendgestel. Die 99ste uitgawe sal ‘n opwaardse-wedloop wees vanaf Durban tot Pietermaritzburg, op 14 Junie 2026, onder die slagspreuk ‘Ska Fela Moya’ – Never Give Up.


Belangrike veranderinge aan die roete sal nog aangekondig word, terwyl die afstand vroeg volgende jaar vasgestel sal word.


Inskrywings begin reeds op 27 Oktober en sluit op 24 November of wanneer die 22 000 beperking bereik is.


Inskrywings vir Suid-Afrikaanse atlete beloop R1 200, deelnemers uit ander Afrika­lande R2 000, en deelnemers van oorsee R4 500. ‘n Verligtingsfonds sal 1 500 atlete help met halwe koste, en atlete met 25 of meer voltooiings sal gratis mag deelneem. Kwalifisering vereis ‘n volle marathon binne 5 uur.


Die totale prysgeld beloop R8,2 miljoen, met R925 000 vir die algehele wenner (man en vrou) asook bonusse vir die breek van rekords tydens die wedloop.


FOTO: Comrades Marathon Association
FOTO: Comrades Marathon Association

Comments


bottom of page