ATLETIEK: Die Suid-Afrikaanse naelloopster, Bayanda Walaza, sal nie die Wêreldkampioenskap in Tokio meemaak nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 12
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse naelloopster, Bayanda Walaza, sal nie die Wêreldkampioenskap in Tokio meemaak nie, nadat die mediese span hom weens ‘n dyspierbesering ongeskik bevind het.
Atletiek Suid-Afrika het bevestig dat Retshidisitswe Mlenga vir Walaza in die 100 meter gaan vervang.
Shaun Maswanganyi het intussen van ‘n besering herstel, maar hy kon nie vir die individuele items kwalifiseer nie, en hoop nou op ‘n plek in die 4×400 meter-aflos.
Die kampioenskap vind plaas van 13 tot 21 September in Tokio.





Comments