top of page

ATLETIEK: Duplantis, McLaughlin-Levrone- atlete van die jaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

In ’n glansryke seremonie in Monaco is Armand Duplantis en Sydney McLaughlin-Levrone onderskeidelik aangewys as die beste Mans- en Vroueatleet van die jaar.


Duplantis, 26, behou sy titel in paalspring - hy is onoorwonne in 16 kompetisies dié jaar, het vier wêreldrekords opgestel, en behaal sy wêreldkampioenskap in Tokio met ’n sprong van 6.30m. Hy is ook aangewys as Veldatleet van die Jaar.


McLaughlin-Levrone beïndruk met haar 400m in ’n tyd van 47.78 sekondes by die Wêreldkampioenskappe in Tokio, die tweede vinnigste tyd ooit, en maak geskiedenis as die eerste vrou wat wêreldtitels in beide die 400m én 400m-hekkies behaal het.


Duplantis, McLaughlin-Levrone. FOTO: World Athletics
Duplantis, McLaughlin-Levrone. FOTO: World Athletics

Comments


bottom of page