top of page

ATLETIEK: Goue Gerda Steyn maak dit ses-in-’n-ry in Twee Oseane ultra-marathon

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 7
  • 1 min read

Suid-Afrika se langasem liefling Gerda Steyn het dit nou ses oorwinnings in ’n ry gemaak toe sy die naweek die Two Oseane ultra-marathon oor die veeleisende 56km afstand gewen het en alhoewel sy nie haar 2024 roete-rekord kon oortref nie het diè boorling van Bothaville steeds ’n droomwedloop gehad. Goue Gerda  se wentyd was 3:29:10 wat meer as agt minute vinnger was as die Keniaan Shelmith Muriuki wat tweede klaargemaak het gevolg deur Neheng Khatala van Lesotho in die derde plek. In die mans-afdeling was Khoarahlane Seutloali die eerste wenner uit Lesotho sedert 2015 gewees in ’n wentyd van 3:10:43 gevolg deur SA se Siboniso Sikhakhane en Lucky Mohale onderskeidelik in die tweede en derde plekke. In die halfmarathon het die Kapenaar William Kaptein Sondag homself in die rekordboeke ingehardloop toe diè 32-jarige in ’n tyd van 1:04:41 gewen het. Kaptein was vanaf die wegspring soos ’n pyl uit ’n boog en terwyl die Suid-Afrikaanse marathon-kampioen Bennett Seloyi oor die laaste kilometers ’n groot poging aangewend om hom in te haal, het Kaptein wat vir die Tymebank Langa-klub hardloop genoeg  petrol in die tenk gehad om Bennett en Namakoe Nkhasi van Lesotho wat derde geëindig het uit te kon stof met net 10 sekondes wat diè drie atlete van mekaar geskei het. In die vroue-wedloop het die Keniaan Mercey Jebet Kibor hakskene gewys en in ’n tyd van 1:17.06 die wenstreep oorgesteek gevolg deur Lesotho se Nthabiseng Letokoto en die Suid-Afrikaner Busisiwe Chamane in die derde plek.

 
 
 

Comments


bottom of page