ATLETIEK: Marsha Muller word die eerste SA vrou om 200 km in 24 uur te breek
- Armando Pieters

- Oct 29
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse ultra-atleet Marsha Muller het haar naam in die geskiedenisboeke geplaas nadat sy 'n onvergeetlike vertoning by die IAU 24-uur Wêreldkampioenskappe in Albi, Frankryk, gelewer het.
Muller het 'n verstommende 202.196 kilometer in 24 uur afgelê het.
Haar merkwaardige poging het nie net die nasionale rekord gebreek nie, maar haar ook die eerste Suid-Afrikaanse vrou gemaak wat die 200 km-kerf in die uitmergelende uithouvermoë-item oortref het.
Wat die prestasie nog meer spesiaal gemaak het, was dat dit tydens haar wêreldkampioenskapdebuut gekom het.
Volgens Muller is sy nog lank nie klaar nie en sê sy het reeds 'n uidaging vir 2026.






Comments