ATLETIEK: Oblique Seville is gekroon as die wêreld se vinnigste man
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 15, 2025
- 1 min read
Oblique Seville van Jamaika is die nuwe 100 m-wêreldkampioen nadat hy die titel in Tokio met ‘n indrukwekkende tyd van 9,77 sekondes verower het. Sy landgenoot, Kishan Thompson, en die VSA se Noah Lyles het die ander podiumplekke ingevul, terwyl Suid-Afrika se Akani Simbine sewende geëindig het en Gift Leotlela vyfde. Daar was egter ligpunte vir Suid-Afrika in die 400 meter, waar Zakithi Nene en Lythe Pillay hul plekke in die halfeindronde verseker het.






Comments