top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ATLETIEK: SA wil weer Olimpiese Spele aanbied

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 25, 2024
1 min read

Suid-Afrika wil weer ‘n bod indien om gasheer te speel vir die Olimpiese en Paralimpiese Spele. Daar word tans ondersoek ingestel oor ‘n moontlikheid om die Spele aan te bied in 2036. Verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Sport konfederasie en Olimpiese en Paralimpiese Komitee en Gayton McKenzie, die minister van Sport, Kuns en Kultuur, was die afgelope week in Lausanne, Switserland, om met die Olimpiese en Paralimpiese komitees te vergader. Suid-Afrika het in die 1990’s laas ‘n bod ingedien om die Spele aan te bied in 2004, maar dit is aan Athene, Griekeland toegeken.

 
 
 

Comments


bottom of page