ATLETIEK: Suid-Afrika bied 2027 Wêreldberg- en Veldwedloop-kampioenskappe aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 30
- 1 min read
Die adjunkminister van Sport, Peace Mabe, het die amptelike vlag in Spanje ontvang wat Suid-Afrika as gashere van die 2027 Wêreldberg- en Veldwedloop-kampioenskappe bevestig.
Dit sal die eerste keer wees dat die geleentheid in Afrika aangebied word en die eerste wêreldwye atletiekkampioenskap in Suid-Afrika sedert die 1996 Wêreldveldloopkampioenskappe.
Mabe sê voorbereidings is reeds aan die gang en glo dat die aankoms van meer as tweeduisend atlete van 80 nasies, groot ekonomiese voordele vir die land en die vasteland sal inhou.
Sy het die regering se steun vir die suksesvolle bod geprys en gesê Kaapstad se landskap, klimaat en kultuur het dit die uitstaande keuse gemaak om die wêreldwye vertoonstuk aan te bied.






Comments