ATLETIEK: Wayde van Niekerk hardloop sy vinnigste 200m tyd in agt jaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 14, 2025
- 1 min read
Die 400m Olimpiese goue medalje wenner Wayde van Niekerk het sy vinnigste tyd in die 200m in agt jaar gehardloop toe hy ’n 20.07 by die Hongaarse Grand Prix-byeenkoms in Boedapest aangeteken het. Jamaika se Bryan Levell was eerste oor die eindstreep in ’n tyd van 19.69. Alhoewel Van Niekerk se tyd hom laat kwalifiseer het vir die Wêreld Kampioenskaps-byeenkoms In Tokio is dit nog steeds buite die 20 vinnigste tye vanjaar met die Amerikaner Noah Lyles wat steeds bo-aan die lys pronk met ’n haastige 19.63 s. Van Niekerk se landgenoot Akani Simbine het ook hakskene gewys in die 100m en gelyk tweede geëindig saam met Ghana se spoedvraatAbdul-Rasheed Saminu in 10.01 s ‘n kortkop agter die Olimpiese silwer medalje wenner Kishane Thompson.






Comments