top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bejaarde Senekal man staan tereg vir sy vrou se beweerde moord

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 1, 2025
  • 1 min read

Vrae oor ’n 58-jarige vrou van Senekal se selfmoord het tot haar bejaarde man se inhegtenisname gelei. Netwerk24 berig Hentie en haar man, die 74-jarige Johan Fourie, was alleen by die huis ten tyde van haar dood. Volgens polisiewoordvoerder Mmako Mophiring is aanvanklik beweer dat die egpaar saam in die huis gesit het toe Hentie skielik opgestaan en slaapkamer toe gegaan het. ’n Paar minute later is ’n skoot in die slaapkamer afgevuur, en Hentie is met ’n noodlottige wond aan haar kop aangetref. Daar was ’n rewolwer langs haar.By ’n lykskouing is gevind dat sy aan die agterkant van haar kop geskiet is, wat tot Johan se inhegtenisname gelei het. Die paartjie het glo in Junie 2022 getrou.Johan is sedert Vrydag in aanhouding en het Maandagoggend voor die landros verskyn. Hy is vrygelaat op R5 000 borgtog. Sy saak is vir 13 Mei in die Senekal-landdroshof geskeduleer, terwyl Hentie Donderdag begrawe word.

 
 
 

Comments


bottom of page