Belastingbetalers kan volgende jaar meer belas word
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 22, 2025
- 1 min read
Suid-Afrikaanse belastingbetalers kan in 2026 met verdere belastingverhogings gekonfronteer word indien die Suid-Afrikaanse Inkomstediens nie sy inkomsteteikens haal nie.
Die Nasionale Tesourie beplan om ’n bykomende 20 miljard rand in te samel.
Minister Enoch Godongwana sê dit kan wel geskrap word indien inkomstediens goed presteer.
Hoewel belastinginvordering beter as verwag vaar, bly skuldinvordering tans onder teiken.
Indien dit voortduur, kan Tesourie teruggryp na hoër brandstofheffings of selfs ’n BTW-verhoging.







Comments