BKS: Gevalle in die Vrystaat styg steeds
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 17, 2025
- 1 min read
Daar is nou 91 bevestigde bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat. Dit volgens ‘n verklaring deur die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling.
Vrystaatkroon berig die nuwe gevalle is in die Viljoensdroon-Vredevort distrik, Parys, Marquard, Clocolan asook Deneysville en Sasolburg.
Intussen het Sparta Beef in ‘n verklaring bevestig dat die toetsuitslae wat by ‘n beesvoerkraalfasiliteit in Marquard geneem is, positief getoets het.
Verder het monsters wat by Sparta se Alma-plaas, geleë in die Clocolan-distrik, geneem is, ook positief getoets.
Daar is onmiddellike stappe geneem, en die inenting van alle beeste by die Marquard-fasiliteit het begin.
Dit vind tans onder toesig van die Vrystaat-veterinêredienste plaas.







Comments