top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein se DBV stel ’n nuwe stelsel vir klagtes bekend

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4
1 min read

Die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ’n nuwe stelsel ingestel om klagtes oor dierewelsyn beter te hanteer en op te volg.


Volgens inligting wat deur die DBV gedeel is, sal elke klagte ’n unieke verwysingsnommer ontvang om opvolgwerk, terugvoer en kommunikasie te vergemaklik.


Die publiek word aangeraai om altyd dié nommer aan te vra wanneer ’n voorval aangemeld word en dit veilig te bewaar. Dit kan ook gebruik word om later bykomende besonderhede, foto’s, video’s of stemboodskappe aan die oorspronklike klagte te heg.


Dié funksie is op die DBV se webtuiste onder die afdeling Add to Complaint beskikbaar.


Die DBV sê klagtes word vertroulik hanteer en dat terugvoer binne sewe dae gegee sal word. Mense word ook versoek om nie duplikaatklagtes oor dieselfde voorval in te dien nie.


SKERMGREEP: Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging
SKERMGREEP: Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging

 
 
 

Comments


bottom of page