top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BOKS: Ngxeke mik na wêreldglorie in Mexiko-stryd

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 9, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse bokser, Landile “Mandown” Ngxeke, sê hy is bestem om die IBF-bantamgewig-wêreldtitel te verower wanneer hy op 13 Desember in Mexikostad teen die onoorwonne, Jose Salas Reyes, in die ring stap.


"Mandown" glo sy ervaring teen ‘n vorige Meksikaanse teenstander sal hom goed te pas kom.


Hy hou vol dat Reyes nog nooit iemand met sy ingesteldheid en vermoë teëgekom het nie, en beklemtoon dat selfvertroue die sleutel is grootsheid te bekom.


Landile “Mandown” Ngxeke. FOTO: Daily Dispatch
Landile “Mandown” Ngxeke. FOTO: Daily Dispatch

 
 
 

Comments


bottom of page