BOKS: Ngxeke mik na wêreldglorie in Mexiko-stryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 7 hours ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse bokser, Landile “Mandown” Ngxeke, sê hy is bestem om die IBF-bantamgewig-wêreldtitel te verower wanneer hy op 13 Desember in Mexikostad teen die onoorwonne, Jose Salas Reyes, in die ring stap.
"Mandown" glo sy ervaring teen ‘n vorige Meksikaanse teenstander sal hom goed te pas kom.
Hy hou vol dat Reyes nog nooit iemand met sy ingesteldheid en vermoë teëgekom het nie, en beklemtoon dat selfvertroue die sleutel is grootsheid te bekom.






Comments