Daar is 'n kritieke tekort aan ambulanse in die Vrystaat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Daar is ʼn kroniese, kritieke tekort aan ambulanse en nooddiensbeamptes in die Vrystaat. Dit is volgens ʼn onlangse verslag van die provinsiale Departement van Gesondheid.
Die provinsie benodig 291 ambulanse en 2 328 beamptes vir optimale werking, maar daar is tans slegs 149 ambulanse en 1 523 personeel. Dit is ondanks ’n departementele begroting van meer as R14,6 miljard.
Die DA se David Masoeu sê dat met die feestyd wat naderkom en verwagte swaar verkeer, is dit noodsaaklik om ambulanse langs hoofroetes te posisioneer vir vinnige noodreaksies.



Comments