top of page

Pelonomi is glo ‘n nagmerrie vir ambulanse

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 15
  • 1 min read

Dit is glo ‘n nagmerrie om pasiënte na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein te vervoer. Dit volgens ‘n plasing op die Bloemfonteinse Priority-care ambulansdiens se sosiale media blad. Hulle beweer daar is soms rye van tot 10 amulanse wat tot meer as nege ure moet wag aangesien dokers en verpleegters sê daar is nie genoeg beddens beskikbaar nie. Hulle voeg by daar is nêrens anders waar die ambulanse die pasiënte kan neem nie, en dat die vertragings groot finansiële las op private dienste plaas. Die vertragings veroorsaak glo ook dat daar nie ambulanse beskikbaar is om op noodoproepe te reageer nie. Die Gemeenskapskakelbeampte vir Pelonomi-hospitaal, Lopez Maleke, het aan Rosestad-nuus bevestig dat alhoewel daar wel Saterdag ‘n probleem was, die probleem intussen uitgesorteer is. Die Vrystaatse gesondheidsdepartement het ook aangedui dat hulle binnekort antwoorde oor die bewerings sal verskaf.

 
 
 

Comments


bottom of page