top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DAKAR: Toyota Gazoo-renspan beleef nog ‘n goeie dag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 9, 2025
1 min read

Die Toyota Gazoo-renspan het nog ‘n goeie dag beleef by die 2025 Dakara-veldtydren in Saoedi-Arabië. Die algehele voorloper, Henk Lategan en Brett Cummings, het tweede geëindig in gister se Sneltrajek 4, waar hulle vier-minute 51 sekondes na Yazeed AL-Rajhi en Timo Gottschalk die skof klaargemaak het. Al-Rajhi en Gottschalk, wat privaat in ‘n Toyota Hilux meeding, het met gister se skof sege van vierde na tweede opgeskuif, en is ses minute 54 sekondes agter Lategan en Cummings. Vandag se vyfde skof sal oor 492km beslis word, waar hulle reis van Alula tot Hail.

 
 
 

Comments


bottom of page