top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Departement waarsku oor moontlike oorstromings naby Vaal- en Bloemhofdam

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 17, 2025
1 min read

Die Departement van Water en Sanitasie het inwoners gewaarsku oor moontlike oorstromings naby die Vaal- en Bloemhofdam weens stygende watervlakke. Die departement sê die onlangse swaar reënval oor die land het veroorsaak dat watervlakke in riviere en damme vinnig gestyg het. Die departement doen ‘n beroep op vakansiegangers om nie damme of riviere te besoek terwyl hulle onder die invloed van alkohol is nie en om altyd toesig te hou oor kinders naby watermassas. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, moedig godsdiensgroepe aan om nie naby riviere bymekaar te kom nie. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page