RUGBY: Die Bokke doen dit weer
- Nadia Pieters
- Oct 5
- 1 min read
Suid-Afrika het Argentinië by die Allianz-stadion, in Twickenham, oorrompel om vir die eerste keer agtereenvolgende Rugbykampioenskappe te wen.
BBC berig Nieu-Seeland se oorwinning oor Australië het beteken dat die Springbokke geweet het enige soort oorwinning in Londen sou genoeg wees om gevolg van hul beter punteverskil, die titel te verseker as.
Die Pumas het die wedstryd vinnig begin met 'n openingsdrie en het met rustyd met 13-10 voorgeloop.
Maar die wêreldkampioene het in die tweede helfte beheer herwin en met ‘n eindtelling van 29-27 geeindig.
Die wedstryd is voor 'n skare van meer as 70 000 gespeel, en om die titel voor 'n groot skare, wat oorheers was deur Engeland se Suid-Afrikaanse ekspatgemeenskap, te wen, was 'n gepaste manier om weer as kampioene gekroon te word.

Comments