Die hof beveel verbeuring van miljoene in die Vrystaatse asbes-saak
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 23
- 1 min read
Die Hooggeregshof in Bloemfontein het beveel dat ses luukse eiendomme en ’n hoëklas-sportsnutsvoertuig, ter waarde van miljoene rande, finaal aan die staat verbeur word in verband met die omstrede Vrystaatse asbesdak-tender.
SABC News berig die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die uitspraak verwelkom. Volgens NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, het die hof bevind die bates is waarskynlik die opbrengs van onwettige aktiwiteite, insluitend bedrog, korrupsie, diefstal en geldwassery.
Hy sê die eiendomme en voertuig is ook gebruik in die pleeg van geldwassery-misdade wat met die tender verband hou.
Rosestad-nuus het vroeër berig die saak spruit voort uit 'n 2014-tender van die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings vir asbesdakke, wat "onreëlmatig" toegeken is aan 'n gesamentlike onderneming tussen Diamond Hill Trading 71 en Blackhead Consulting.
Die meeste van die werk is na bewering nooit voltooi nie, ten spyte daarvan dat R230-miljoen uitbetaal is.








Comments