Die Inligtingsreguleerder se appèlaansoek teen die publikasie van matriekuitslae misluk
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 3
- 1 min read
Die Inligtingsreguleerder (IR) se aansoek om verlof tot appèl in die hofstryd oor die publikasie van matriekuitslae in koerante en op aanlyn mediawebwerwe is geweier. Die IR se aansoek is op 12 Maart aangehoor nadat ’n volbank regters in Desember verlede jaar beslis het dat matriekuitslae wel op openbare platforms gepubliseer mag word.
Maroela Media berig AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, sê die uitspraak bring finale sekerheid in ’n geskil wat reeds sedert 2022 duur. Sy sê die publikasie van inligting is in die openbare belang.
Die onlangse regstappe spruit uit die IR se poging aan die einde van 2024 om die departement te keer om die 2024-matriekuitslae bekend te maak. Die volbank het in Desember beslis die publikasie van matriekuitslae is wettig, en dat die gebruik van eksamennommers as enigste identifikasiemiddel voldoende beskerming van matrikulante se privaatheid bied.








Comments