top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mangaung-metro wil Bloemfontein se roostradisie laat herleef

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
11 minutes ago
1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit gaan more sy ryk erfenis as die Stad van Rose vier deur 'n amptelike Roosplantdag aan te bied.


Dié inisiatief is daarop gemik om gemeenskapstrots te hernu, plaaslike kultuur en toerisme te bevorder, en die tradisie van rose in die stad te herstel en te versterk.


Luidens 'n kennisgewing van die munisipaliteit sal die geleentheid, buite die stadsaal in Charlesstraat, amptelik deur die uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi gelei word.


Mense word aangemoedig om rooi aan te trek vir die geleentheid.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page