top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die musiekwêreld neem afskeid van ’n komponis wat ’n groot bydrae tot Afrikaanse kerkmusiek gelewer het

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago
1 min read

Die Afrikaanse musiekwêreld neem afskeid van prof. Chris Lamprecht, ’n komponis en musiekverwerker wat ’n groot bydrae tot Afrikaanse volks- en kerkmusiek gelewer het. Hy is Vrydagaand in die ouderdom van 99 jaar oorlede.


In ’n huldeblyk sê die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) dat sy komposisies en verwerkings oor baie dekades deel van die Afrikaanse musiekerfenis geword het.


Lamprecht is op 1 Oktober 1927 in Bloemfontein gebore en het aan Hoërskool Sentraal gematrikuleer. Hy het later internasionaal in kerkmusiek, komposisie en koorleiding studeer.


Hy het sowat 800 Afrikaanse volksmelodieë uit Suid-Afrika en Namibië opgeteken, waarvan 250 deur hom verwerk is. Van dié verwerkings is 52, saam met twee van sy oorspronklike komposisies, in die FAK-Sangbundel van 1979 opgeneem.


Hy het ook verskeie toekennings vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek ontvang, waaronder die FAK-Prestigetoekenning in 1989.


Chris Lamprecht. FOTO: Facebook
Chris Lamprecht. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page