top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Gemartelde NW-boer is ontslaan 'n dag voor die beskuldigdes se eerste hofverskyning

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 minutes ago
1 min read

Donovan Marx, die Noordwes-boer wat tydens ’n wrede plaasaanval geskiet, gesteek en gemartel is, is Donderdagmiddag ná meer as twee weke van intensiewe mediese behandeling uit Mediclinic Potchefstroom ontslaan.


Die vier mans wat in verband met die aanval aangekla word, sal na verwagting Vrydag in die Ventersdorp-landdroshof vir borgtogaansoek verskyn.


Marx is op 28 Oktober op sy plaas, Syferfontein, naby Ventersdorp deur gewapende aanvallers oorrompel. Sy ore is tydens die aanval afgesny, en hy is van agter geskiet en met ’n skerp voorwerp in sy been gesteek.


Maroela Media berig die vier staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van vier vuurwapens en ammunisie, en die rig van ’n vuurwapen. ’n Vyfde verdagte wat aanvanklik met die aanval verbind is, is van die klagstaat verwyder nadat die staat aangedui het dat hy as ’n getuie ingevolge artikel 204 gaan getuig.


Volgens ’n verklaring wat namens Marx en sy vrou, Louise, deur hul regsverteenwoordigers uitgereik is, fokus hulle eerder op sy voortgesette herstel en die toekoms as op die trauma van die aanval.


Donovan Marx. FOTO: Maroela Media
Donovan Marx. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page