Die ontbinding van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad is politieke inmenging
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 21, 2025
- 1 min read
Die ontbinding van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad is niks anders politieke inmenging nie, en verteenwoordig ‘n direkte aanval op bestuur en verantwoordbaarheid binne ‘n staatsentiteit. So sê die Organisasie teen Belastingmisbruik se Wayne Duvenage. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, het die raad ontbind nadat hulle uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe, op voorsorgskorsing geplaas het oor bewerings van wangedrag. Haar skorsing volg op ‘n ondersoek wat oortredings van bestuur aan die lig gebring het wat verband hou met ‘n betaling van meer as vier miljoen rand aan ‘n diensverskaffer. De Lille het die raad daarvan beskuldig dat hulle ‘n onwettige vergadering byeengeroep het en buite wetlike mag opgetree het.






Comments