top of page

Die Raad van Gesondheidsfinansiers vra duidelikheid oor die regering se planne om mediese belastingkrediete af te skaal

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 31
  • 1 min read

Die Raad van Gesondheidsfinansiers het aan Tesourie geskryf om dringend duidelikheid te kry oor planne om mediese belastingkrediete af te skaal ten einde die Nasionale Gesondheidsversekering te finansier.


’n Onlangse parlementêre aanbieding het voorgestel die afskaal kan volgende jaar April reeds begin, met hoë-verdieners as die eerste teiken. Die raad waarsku dat die vinnige verwydering miljoene sonder finansiële beskerming vir mediese uitgawes kan laat.


Die raad se bestuurshoof, Katlego Mothudi, sê die meerderheid van lede is onderwysers, verpleegkundiges en kantoorwerkers en nie rykes nie. Dit kan baie werkers dwing om hul mediese dekking te verminder of die stelsel te verlaat.


FOTO: Critical Care Society of South Africa
FOTO: Critical Care Society of South Africa

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page