top of page

Die regering is glo huiwerig om nuwe stortingsterreine te bou

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 23
  • 1 min read

Stortingsterreine bereik hul vervaldatum en die regering is huiwerig om nuwes te bou.


So sê die uitvoerende hoof van Kulu Eco-Services, Pieter van Heyningen.


Hy hou vol dat daar dus ‘n behoefte is om maniere te vind om afval te verminder.


Van Heyningen het tydens ‘n onderhoud voor die Africa green Economy-beraad, wat volgende maand in Kaapstad plaasvind, gesê daar is die afgelope paar jaar sowat 122-miljoen ton afval jaarliks in stortingsterreine in Suid-Afrika aangeteken.


Hy voeg by dat meer as ‘n derde daarvan organiese afval is.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page