Die Staat vra tronkstraf vir Malema
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die staat vra dat die leier van die EFF, Julius Malema, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis word in sy vuurwapensaak.
Malema verskyn Woensdag in die landdroshof in East London vir voorvonnisverrigtinge.
Hy is onlangs skuldig bevind nadat hy in 2018 ’n vuurwapen in die openbaar afgevuur het tydens die party se verjaarsdagvieringe.
Die staat voer aan dat ’n direkte tronkstraf, wat beteken dat ’n oortreder vir ’n bepaalde tydperk in aanhouding geplaas word, ’n duidelike boodskap oor die gebruik van vuurwapens sal uitstuur.
Volgens staatsaanklaer Joel Cesar is dit belangrik dat die hof streng optree om die publiek te waarsku.
LUISTER HIER:
Joel Cesar








Comments