top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Vrystaat meld vir die derde week geen nuwe bek-en-klouseergevalle aan nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4
1 min read

Hoewel daar vir die derde agtereenvolgende week geen nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld is nie, word vee-eienaars aangemoedig om steeds waaksaam te bly.


Volgens Parys Gazette staan die provinsie se kumulatiewe aantal bevestigde gevalle steeds op 804.


Die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake doen ’n beroep op vee-eienaars om voort te gaan met biosekuriteitsmaatreëls, waaronder inenting en die gereelde monitering van hul kuddes.


Die departement voeg by bewegingsbeheermaatreëls sal ook steeds in geaffekteerde gebiede van krag bly totdat dié gebiede as vry van bek-en-klouseer verklaar kan word.


Ter illustrasie. FOTO: BusinessDay
Ter illustrasie. FOTO: BusinessDay

 
 
 

Comments


bottom of page