Ekonome waarsku Australië kan in ’n resessie verval

1 hour ago
1 min read
Ekonome in Australië waarsku dat die land ’n ekonomiese resessie in die gesig staar.
Die waarskuwing volg op ’n toename in werkloosheid, hoë rentekoerse en ’n styging in die land se inflasiekoers.
Ekonome sê ’n belangrike aanwyser van ’n resessie kan reeds volgende maand bereik word.
Verskeie van die land se grootste maatskappye het vanjaar groot getalle werknemers afgelê.
Die Australiese Reserwebank sal na verwagting voortgaan om rentekoerse tydens sy volgende vergaderings te verhoog.










Comments