top of page

FIETSRY: Fietsrylegende, Gert Fouché, is ernstig beseer na ongeluk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 2, 2025
  • 1 min read

Die fietsrylegende, Gert Fouché, is ernstig beseer weens ʼn ongeluk tydens die Munga-fietswedren. Volgens Netwerk24 het Fouché net ure voor hy die wedren sou voltooi het, in die Bainskloofpas hard geval.


Hy is met ernstige beserings hospitaal toe geneem en sy toestand is volgens ooggetuies kritiek.


Die Munga se organiseerders het na sy ongeluk 'n spesiale plek aan Fouché toegeken, wat as 'n legende in die fietsrywêreld beskou word. Hy het die wedren oor 1 148 km nou amptelik in die 30ste plek in 71 uur en 55 minute voltooi.


Gert Fouché. FOTO: Netwerk24
Gert Fouché. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page