FORMULE 1: McLaren wen eerste titel sedert 1998
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 9, 2024
- 1 min read
Die Formule Een seisoen het die afgelope naweek in Abu Dhabi tot ‘n einde toe gekom met die McLaren-span wat vir die eerste keer in 26 jaar die vervaardigers titel kon inpalm.
Die Ferarri-span was kort op McLaren se hakke, maar danksy ‘n oorwinning vir Lando Norris op die Yas Marina-baan, kom Ferarri kort met 14 punte.
McLaren se laaste vervaardigerstitel was in 1998 gewen.
Norris het Sondag na sy wen met die media gepraat, en gesê dat hy trots is om die titel vir sy span te kon wen.






Comments