top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

FORMULE 1: Mercedes vinnigste in eerste oefensessie in Las Vegas

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 22, 2024
1 min read

Die Formule Een Grand Prix in Las Vegas is vroeër vanmore aan die rol gekry met die eerste oefensessie, waar die twee Mercedes-renmotors die vinnigste was. Die sewe-malige Formule Een Wêreldkampioen, Lewis Hamilton, was die vinnigste om op die wêreldberoemde Las Vegas strip. Hamilton se tyd van een minuut en 35 sekondes was drie tiendes van ‘n sekonde vinniger as die van sy spanmaat, George Russell. McLaren se Lando Norris was derde vinnigste en Max Verstappen en sy Red Bull was vyfde vinnigste, met beide ‘n sekonde stadiger as Hamilton. Die kwalifisering sessie en Grand Prix resies is onderskeidelik Saterdag- en Sondagoggend om agtuur.

 
 
 

Comments


bottom of page