top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

FORMULE 1: Norris se titelstryd steek spanstrategie aan die brand

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025
1 min read

Die laaste F1-wedren van die seisoen word Sondag in Abu Dhabi beslis, met drie renjaers wat steeds ’n kans het om die uiteindelike louere te wen.


Lando Norris het ’n nuttige voorsprong van 12 en 16 punte op Max Verstappen en Oscar Piastri.


Spekulasie doen die rondte dat Norris moontlik voorkeurbehandeling by McLaren kan kry, iets wat George Russell as onregverdig bestempel en sê hy sal nie ’n titel wil wen omdat ’n spanmaat moes padgee nie.


Norris, wat al by vorige wedrenne uitgejou is oor beweerde gunsbehandeling, sê ontleders kan maar dink wat hulle wil, maar die span probeer alles so regverdig moontlik bestuur.


Lando Norris. FOTO: Autosport
Lando Norris. FOTO: Autosport

 
 
 

Comments


bottom of page