FORMULE 1: Norris vier historiese titel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 15, 2025
- 1 min read
Lando Norris het die Formule Een-wennerstrofee by ‘n gala in Tasjkent opgelig nadat hy die wêreldtitel in Abu Dhabi beklink het.
Max Verstappen was weens siekte afwesig, en het in ‘n opgeneemde boodskap om verskoning gevra vir sy afwesigheid terwyl hy McLaren en Norris geprys het vir ‘n uitstekende seisoen.
Rosestad-sport het vroeër berig die 26-jarige Brit het Verstappen met twee punte oor ‘n seisoen van 24 wedrenne geklop, wat Norris die 35ste F1-wêreldkampioen en die elfde van Brittanje maak sedert die kampioenskap in 1950 begin het.
Die viermalige kampioen, Verstappen, is vereer met F1-aksie van die Jaar vir sy Imola-verbysteek op Piastri.







Comments