top of page

FORMULE 1: Red Bull en Perez se paaie skei

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 19, 2024
  • 1 min read

Red Bull het amptelik aangekondig dat Sergio Perez die span gaan verlaat. Die 34-jarige Meksikaanse renjaer het in 2021 by die span aangesluit en Red Bull gehelp om twee vervaardigers titels in te palm. Die span-baas, Christian Horner het Perez bedank vir alles wat hy vermag het saam met die span en het bewys dat hy ‘n ongelooflike spanspeler is. Dit is nog nie bevestig wie vir Perez gaan vervang nie, maar daar word verwag dat die Nieu-Seelander, Liam Lawson, die geleentheid sal kry om saam met Max Verstappen te jaag.

 
 
 

Comments


bottom of page