FORMULE 1: Red Bull gaan glo van Sergio Perez ontslae raak
- Armando Pieters

- Dec 18, 2024
- 1 min read
Red Bull se Formule Een span gaan na verwagting ‘n verandering maak aan hulle span vir die 2025 seisoen. Luidens berigte gaan die span vir Sergio Perez die trekpas gee en hom vervang met Liam Lawson. Die 22-jarige Nieu-Seelander is sedert 2019 deel van Red Bull se junior span en het gedurende vanjaar se seisoen vir Daniel Riccardo vervang by Red Bull se RB span. Perez het vanjaar agste geëindig op die kampioenskap punteleer, waar hy 285 punte minder as sy spanmaat en Wêreldkampioen, Max Verstappen ingepalm het.





Comments