FORMULE 1: Verstappen kry hupstoot met McLaren-diskwalifikasies
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 24
- 1 min read
Max Verstappen het nie net die louere in Las Vegas ingepalm nie, maar ook sy jag na ‘n vyfde agtereenvolgende wêreldtitel versterk nadat Lando Norris en Oscar Piastri weens tegniese oortredings gediskwalifiseer is.
Beamptes het bevind dat die borde onder die twee McLaren-renmotors minder as die vereiste nege millimeter dikte was.
Norris en Piastri se tweede en vierde plekke is dus uit die amptelike uitslag verwyder, wat beteken dat Verstappen nou gelyk met Piastri op 366 punte is, terwyl Norris se voorsprong tot 24 punte gekrimp het.






Comments