top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

FORMULE EEN: Haas en Toyota nou tegniese vennote in F1

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 14, 2024
1 min read

Die Japanese Motorvervaardiger Toyota sal ‘n terugkeer maak na Formule Een. Toyota wat in 2009 laas deel was van Formule Een het Vrydag ‘n meerjarige tegniese vennootskap met Haas aangekondig en is onmiddellik van krag. Die Toyota handelsnaam sal op die renmotors van Nico Hulkenberg en Kevin Magnussen verskyn by volgende naweek se Amerikaanse Grand Prix in Austin. Die vennootskap sal sien dat die twee partye kundigheid, kennis en hulpbronne deel.

 
 
 

Comments


bottom of page