top of page

FORMULE EEN: Max Verstappen hoop om weer hoog te vlieg by Zandvoort

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 29, 2025
  • 1 min read

Na die welverdiende Augustus-breek is die F1-seisoen weer terug in volle swang wanneer die Nederlandse GP weer die naweek gaan wegtrek in Zandvoort. Max Verstappen sal sy tuisskare wil beïndruk aangesien hy vir die McLaren dio Oscar Piastri en Lando Norris in sy tru-spieëltjie sal hê. Zandvoort was die laaste paar jaar bae goedgesind teenoor Verstappen gewees aangesien hy in 2021, 2022 en 2023 eerste onder die geruite vlag deurgejaag het en in 2024 weer met die tweede plek tevrede moes wees. Die Red Bull renjaer sal met die kwalifiseringsrondes weer probeer om die eerste wegspringplek syne te maak en hopelik sy ondersteuners met nog ’n podiumplek kan bederf. Sondag se wedren begin 15:00 (SA Tyd).

 
 
 

Comments


bottom of page