FORMULE EEN: Oscar Piastri kan sy naam in McLaren geskiedenisboeke inskryf
- Armando Pieters

- May 16
- 1 min read
Die McLaren renjaer Oscar Piastri kan Sondag sy naam ook in die geskiedenis boeke by span Macca inskryf by die Emilia Romagna Grand Prix. Indien Piastri by Imola seëvier sal hy slegs die tweede McLaren renjaer naas die legendariese Ayrton Senna wees wat vier agtereereenvolgende oorwinnings kon behaal het. Piastri se talent en sy nuut opgegradeerde MCL-39 onderstel maak van hom ’n gedugte teenstander maar sal op die uitkyk moet wees vir Mercedes, Red Bull en Ferrari wat ook op soek sal wees na podiumplekke op die Autodromo Internazionale Enzo e Dino renbaan. *Dié Emilia Romagna GP trek Sondagmiddag om 15:00 (SA Tyd) weg.





Comments